Fairhills projek- Rawsonville

Waar

Lorraine Skool is ‘n “plaasskooltjie” geleë net buite Rawsonville naby Du Toits Kloof kelder sowat 22 km vanaf Worcester en 6 km vanaf  Rawsonville.  Rondom skool so 6 plase – sowat 168 leerders op skool –Gr R tot 5

 

Die begin

3 en half jaar gelede het mej Andrea Brand,  skaakafrigter en organiseerder van Rawsonville Primêr,  van haar skaakspelers (Goudini Hoër en Rawsonville Primêr) skaak kom ontwikkel by Lorraine Primêr.  Dit was gedoen in samewerking met Maatskaplike ontwikkeling .

 

Die leerders het kinders by Fairhills nasorgsentrum kom leer en help om skaak te speel op weeklikse basis.  Maatskaplike ontwikkeling het ook vir  hulle ‘n paar stelle gekry. Die kinders het mooi gevorder en met elke oefening verbeter.

 

Inskakeling

So ‘n jaar later het Mnr Jacobs (Voorsitter Laerskole skaak en verantwoordelik vir skaak ontwikkeling in Boland) skool besoeken hul genader om aan liga wedstryde deel te neem,   Hy het ook gereeld skool besoek om spelers te help met hul spelle.

 

Op vriendskaplike basis het Fairhills begin deelneem in Worcester en Boland programme.   2013 in die 2de kwartaal  het hul ingeskakel by die Worc Liga en baie goed gevaar.   Het hulle die B-Liga gewen!  Nou het skaak vinnig begin groei en ontwikkel.  Tweede been van die Boland Skole proewe het Monic Jacobs en Janine Franse  net –net die onder 10 span gemis.

 

Prestasies

Fairhills  het Boland Skole by Wes-Kaap Topskole onder 9 afdeling verteenwoordig en goed gevaar. Groot toernooi -Worc Knock-out wen Monic  Jacobs die O/9 afdeling . Sy was ook die wenner van die  o/9 Blitz afdeling  Die skool ontvang die Special Award  vir die Skool met beste vordering.  Hul organiseerder en skaakafrigter, me.Adri Booysen ontvang Adminitrateur van die Jaar trofee.

 

2014

Hierdie jaar het 13 van die skool se spelers aan die Boland Proewe deelgeneem en 4 is gekies om Boland te verteenwoordig nl Anneline Wildschut, Janine Fredericks, Nicole Fortuin en Lee-Handrio Willemse. Me. A Booysen sal spanne vergesel as beampte en spanbestuurder. Geen wonder die skool is so trots op die leerders en organiseerder nie.  Soos mnr. Mandi dit gestel het: “Dit is maar net die begin – nog nasorgsentrum gaan skaakspeel!”

 

In die kort tydjie het die skool (en nasorgsentrum) 2 toernooie aangebied en 1 afrigtingskurses gehuisves.  Me Booysen is ook die sekretaresse van Boland Skole Skaak (LS).

 

 

Skool het beperkte ruimte maar speel ook rugby en netbal.

Hierdie is ‘n goeie bewys dat met positiewe ingesteldheid en hardewerk van opvoerders, skaakorganiseerders en natuurlik ouers, groot suksesse kan behaal.

Dankie aan hoof, me Abrahams, die Fairhills projek (mnr. Mandy), Adri Booysen en al die ouers – alle eer aan julle.

Upcoming events
No content found.